top of page

BELEIDSPLAN: WARMBAD GEMEENTE

LEEF DIE WOORD : 2017 - 2020

2016 was die gemeente se Alpha-jaar:

‘n Jaar waarin ons nuut en indringend gevra het na wie ons is, waarvoor ons staan en wie ons behoort te wees volgens die Wil van God. Daar was verskeie Alpha-momente in die gemeente se lewe; momente waar ons stilgestaan het en biddend as geloofsgemeenskap gevra het : “Wat/waarheen nou?”

 

Wat hier volg, is dit wat uitgekristalliseer het uit saam bid, saam dink, saam gesels en saam soek.

1. VISIE:

Ons visie is: LEEF DIE WOORD.

 

As gemeente wat glo dat die enigste Weg tot saligheid Jesus Christus is, bely ons:

Jesus Christus is die Weg, die Waarheid en die Lewe. In Hom kry ons toegang tot die Vader, en deur Hom word die Heilige Gees inwonend in ons.

     Jesus Christus is Self die Woord.

     Jesus Christus is God.

     Jesus Christus is die enigste Hoof van ons geloofsgemeenskap.

     Die geloofsgemeenskap is die uitsluitlike eiendom van Jesus Christus.

 

Alle bedieninge van ons gemeente is in diens en nastrewing van hierdie visie en belydenis. Daar bestaan daarom geen hierargiese struktuur of model in ons geloofsgemeenskap nie; Christus is Alles, en almal is saam, as ledemate van Sy liggaam, in Sy diens.

2. WAARDES:

Ons neem die volgende as die kernwaardes van ons gemeente-wees:

 

Bybels gefundeerd

Biddend

Omgee

Gasvry

Samehorig

 

Alle bedieninge van ons gemeente funksioneer  op hierdie waardestelsel.

3. VERBINTENIS:

 

Geloofsvorming

Geloofsvorming is ‘n lewenslange groeiproses. Ledemate van die Liggaam wat hier aanbid, verbind hulself daarom aan:

Getroue en voortdurende Woordstudie en deelname aan geestelike groei geleenthede

Voortdurende individuele en gesamentlike gebed en ‘n groeiende afhanklikheid van God

 

Koninkryksvisie

In aanbidding en gehoorsaamhei van ons enigste Koning verbind ons onsself tot:

Onverdeelde lojaliteit en gehoorsaamheid aan Christus. Ons wil alles vermy wat nie pas in Sy   Koninkryk nie, of nie opbouend is vir Sy Koninkryk nie.

Die sigbaar maak van Sy Koninkryk deur onvermoeid en onbeskaamd ons roeping te volvoer

Ons doen dit deur:

Mekaar hier in ons gemeente te dien

Sy Evangelie in ons breër gemeenskap te verkondig deur veral liefdesdiens

Sy Evangelie na die wêreld te neem hoe Hy ons ookal daartoe roep

 

Dissipelskap

Christus het dissipels gemaak. Hy het gewone mense geroep om deur Hom toegerus, bemagtig en gestuur te word. Ons glo dat elke gelowige daarom geroep is om:

Dissipel te wees

en dissipels te maak

 

Begaafdheid

Ons erken en vier die groot verskeidenheid genadegawes van die Heilige Gees. Ons glo dat Hy elke gelowige roep en toerus tot diens in die Koninkryk.  Al die gawes dien tot opbou van die Liggaam, en daarom is dit onmoontlik vir  iemand om nie aktief diensbaar wees nie.

4. HOE ONS DIE WOORD WIL LEEF:

 

►BELEEF

Alles begin by die beleef van die Woord. Woordbediening staan daarom sentraal in ons gemeente.

 

►MEELEEF

Die Woord van God is lewend.  Nie net leef Jesus nie, maar ook Sy Woord waaraan ons onsself onlosmaaklik verbind. Ons kan nie anders as om mee te leef nie; eerstens met die Woord self, en dan ook in Sy gemeente op alle  terreine en in alle bedieninge.

 

►SAAMLEEF

Die belewenis van die Woord is nie net ‘n individuele saak nie. Omdat ons Sy Liggaam is, sal en moet ons saamleef. Dit maak van die geloofsgemeenskap ‘n werklike verhoudingsgemeenskap.

 

►RAAKLEEF

Wanneer ons saamleef, is dit nie net ‘n gevoel van samehorigheid nie; werklike saamleef beteken dat ons mekaar op allerlei vlakke sal raakleef. Die verhoudingsgemeenskap word so ‘n liefdesgemeenskap waar daar empatie, simpatie, aanvaarding en wedersydse respek getoon word.

 

►UITLEEF

‘n Liefdesgemeenskap wat so leef kan nie anders as om ‘n lewende getuienis te wees nie. Christus self word so uitgeleef en verkondig, en die gemeente word ‘n gestuurde gemeenskap.

5. BEDIENINGE WAARDEUR ALLES REALISEER:

 

Om al die bogenoemde werklik uitvoerbaar te maak, bestaan die gemeente uit ‘n uitgebreide netwerk van bedieninge. Eie aan ‘n network, is daar baie raakpunte tussen die verskillende bedieninge – geen bediening kan in ‘n network op sy eie funksioneer nie.

 

Die bedieninge vorm wanneer ledemate volgens hul roeping en Geestelike gawes saam groepeer. Daar is gevolglik geen onderskeid tusse meer/minder Geestelike bedieninge nie, en ook nie meer/minder belangrike bedieninge nie.

 

Die bedieninge word om praktiese redes as volg saam gegroepeer:

FOKUSBEDIENINGE:

Jeugbediening

Mannebediening

Vrouebediening

Gebedsbediening

Gawebediening

 

TOERUSTINGBEDIENING:

Bybelskool

Bybelstudie

Gebedsverdieping

Gemeente Groeigroepe

 

LIDMAATVERTEENWOORDIGING:

Blokbediening

VERSORGINGSBEDIENING: (Diakonie)

Omgeebediening

Stadspoort

Bejaardes

Rusoord

Siekesorg

Gasvryheid

Pastorale sorg

Omsieners

Huis Protea

 

GESTUURDHEIDSBEDIENING:

EE III

Sending

Uitreike

EREDIENSBEDIENING:

Erediens

Eredienswerkers

Musiekbediening

Multimedia bediening

 

 

ORGANISATORIESE BEDIENINGE:

Kantoor

Bemarking

Kommunikasie

Eiendomsbediening

Bediening vir Diensverhoudinge

Bediening vir Finansies

BEDIENING:

► VIR ALMAL

►AAN ALMAL

►DEUR ALMAL

 

elkeen@almal

bottom of page