top of page

BLOKBEDIENING

Hulle dien op die Kommunikasiespan en sien toe dat die geestelike versorging in die wyke gedoen word. Dit behels siekebesoek, voorbidding, bemoediging uit die Skrif, ondersteuning en hulp met reëlings tydens sterftes. Hulle moet ook sorg dat die administrasie en kommunikasie in die wyk vlot verloop.

Hulle is die gesig van die gemeente. Dit is die persone wat gereeld by jou sal uitkom en wat jou sal ondersteun wanneer jy siek is of onder een of ander beproewing gebuk gaan. Hulle deel ook inligtingstukke, dankofferfeeslyste binne die blok uit en reël wyksbyeenkomste vir die blok om saam met die leraar te kuier.

Skakel gerus die kerkkantoor om te hoor in watter blok jy is en wie jou blokouderling is.

bottom of page