top of page

GEBEDSBEDIENING

“Om stil te wees HERE, dat ek U kan hoor”

 
Die gebedsbediening is ‘n bediening wat poog om gebed, deur voorbeeld en toerusting, te fasiliteer in die gemeente.  Die leraar is ook deurentyd in die onderskeie bedienings besig om lidmate toe te rus en daarop te wys dat gebed deel is van ‘n intieme verhouding met die Here. Gebed is nie maar net nog `n ritueel nie. ‘n Verhouding met die Here impliseer dat daar ‘n lewenswyse van gebed moet wees.

 

Dit is waar gebedsversoeke aangemeld word, die gebedsketting kan ‘n spesifieke opdrag kry om voor te bid, voorbidding kan gedoen word vir ‘n persoon of saak of jy kan sommer net op ‘n Dinsdagoggend om 11:00, fisies of in jou gees saam met die gebedspan intree vir ‘n saak.

Die gebedsbediening het die oogmerk om ons gemente ‘n biddende gemeente te maak en lidmate se gebedslewe te verdiep.  Alle bedieninge in die gemeente moet gebed ‘n natuurlike integrale deel van hulle aktiwiteite maak.  

Skakel gerus by ons in as jy ook ‘n verskil wil maak.

bottom of page