top of page

HUIS PROTEA

Abraham Kriel Kinderhuis in Nylstroom het in 1959 ontstaan.

Kinders word agv kindermishandeling, alkoholmisbruik, dwelmisbruik, gebrek aan ouerlike sorg, gesinsgeweld of ander faktore wat die lewe van ‘n kind in gevaar stel, deur die hof in die kinderhuis geplaas.

Die satteliethuis model (soos wat by AKK gebruik word) word steeds geag as die beste alternatief vir ‘n normale gesinslewe.

Ons gemeente is, tesame met die NG Gemeente Albertyn (in Ellisras), verantwoordelik vir die dogters van Huis Protea.

Die dogters ontvang maandeliks benodigdhede vanaf die gemeentes in die vorm van oa kos en  toiletware.  Elkeen word ook bietjie bederf met hulle verjaarsdae.

Ons het altyd hulp nodig by hierdie bediening – al is jy net bereid om soms ‘n bietjie by die dogters te kuier .

bottom of page