top of page

   Eiendomsbediening   

Wie is ons? En wat doen ons?

Die Eiendomsbediening hanteer die bestuur, instandhouding en ontwikkeling van alle roerende en nie-roerende eiendomsbates van die gemeente.

Daar word gereeld ondersoeke gedoen vir die uitbreiding en/of verandering van fasiliteite om aan die huidige en toekomstige behoeftes van ‘n groeiende gemeente te voldoen.

Die Eiendomsbediening stel dit hul ten doel, in samewerking met ander bedieninge, om die toerusting, geboue en terrein van die gemeente sodanig te onderhou en te verbeter dat dit vir almal wat dit gebruik ‘n aangename ervaring sal wees.

Om die doeltreffende gebruik en die verbetering van alle bates te verseker, is daar kreatiewe, vernuwende en praktiese denke, asook gewillige hande nodig om te voldoen aan die veranderende behoefte van ‘n geesvervulde gemeente.


Kom, wees deel en help ons om werklik 'n verskil te maak.

 

Vir enige vrae, kontak die kerkkantoor.

bottom of page