BEDIENING VIR FINANSIES
Die Bediening vir Finansies het ten doel om praktiese uitvoering te gee aan die Gemeente programme en aktiwiteite deur die fondse wat God aan die gemeente toevertrou op ‘n doelmatige, ekonomiese en effektiewe wyse te bestuur tot die uitbreiding van God se Koninkryk.
Hierin word die kerkraad se verantwoordelikheid verwoord deur
erkenning te gee aan die riglyne van die Kerkorde en die nodige voorsiening vir die sorgvuldige beheer van die stoflike aangeleenthede van die gemeente. Verslag van sy rentmeesterskap word jaarliks aan die gemeente, ring, sinode of Algemene Sinode, soos en waar van toepassing gegee
te erken dat die kerkraad van die gemeente ‘n regspersoon binne die groter familie van die NG Kerk is en neem verantwoordelikheid en beheer van alle aktiwiteite van die gemeente.
verantwoordelikheid te aanvaar vir finansiële bestuur van die gemeente aktiwiteite met die uitsluitlike doel om waarde toe te voeg tot die nastrewing van die gemeente se visie.
die fondse wat aan die gemeente toevertrou is vir dieverskillende Bedienings waartoe God hierdie gemeente geroep het koste effektief te bestuur, naamlik die :
*
Fokusbedieninge
Toerustingbediening
Versorgingsbedienng: (Diakonie)
Erediensbdening
Lidmaatskapverteenwoordiging
Gestuurdheidsbediening
Organisatoriese Bedieninge