top of page

GAWEBEDIENING

Talente is iets wat jy meer gebore word, bv om mooi te kan teken, goed te kan sing, sport, ens. Genadegawes is geskenke wat die Heilige Gees jou gee om mense te kan dien en sodoende God se liefde met ander te deel.

Rom 12:3-8 en 1 Kor 12 stel dit duidelik dat elke Christen geestelike gawes volgens die Here se keuse, ontvang. Geestelike gawes word gegee om die liggaam van Christus geestelik op te bou (1 Kor 12:7, 14:12).

Genadegawes is ‘n wonderlike geskenk wat God ons gee om Sy liefde met ander te kan deel.

Die Gawebediening rus lidmate toe om hulle gawes te ontdek en dit binne die gemeente uit te leef.

bottom of page