top of page

MANNEBEDIENING

Die Mannebediening begin ons werksweek in die teenwoordigheid van ons Here. Ons vergader elke Maandagoggend om 05:30 tot 06:45 in die jeuglokaal waar ons saam koffie drink, sing, bid en die daggstukkie van die betrokke dag in die Eenjaar Bybel bestudeer en bespreek.
Ons kan getuig hoe die boodskappe uit die Skrif al ons geestelike lewens verryk het om beter ambassadeurs vir Jesus te wees, nie net in die teenwoordigheid van geloofsgenote nie, maar ook in die buite wêreld.
Behalwe vir die geestelike waarde is daar die ondersteuningswaarde, waar ons mekaar se harte leer ken, mekaar se hande kan vat, nie net in goeie tye nie maar ook in moeilike tye.
Ons is direk betrokke wanneer en waar benodig word by die algemene herstel en instandhouding van Huis Protea by die Abraham Kriel kinderhuis.  Ons was ook al deel van Paul Kuhn van Nehemia Sending se uitreike, waar hulle ons nodig gehad het. Die laaste uitreik was na Lesotho.
Ons nooi alle mans uit, maak nie saak uit watter denominasie nie, om in te skakel by die Mannebediening van die NG Kerk Warmbad, om deel te word van die wonderlike geleentheid om jouself nie net geestelik te verryk nie maar ook deel te word van 'n ondersteuningsgroep wat vir mekaar omgee, en saam ons Here te prys en te loof vir Sy liefde en genade!
Hennie Ludick
Mannebediening Sameroeper

Vir meer inligting of om betrokke te raak, kontak:

Hennie Ludick - 082 455 0215 of Kerkkantoor

Uitnodiging aan alle Mans!

"...maak nie saak uit watter denominasie jy kom nie...skakel by ons in..."

Dinsdae Oggende:
5:30 - 6:45
Mannebediening Byeenkoms
ALMAL WELKOM!

Begin MAART:
Wêreldbiddag vir Mans, te NG Kerksaal - Mans en Seuns
Ons skop af met 'n boereontbyt, gevolg deur lofsang, 'n "manne" boodskap uit die Bybel en gebedsgeleentheid om af te sluit.

Augustus:
Dankofferfees, plaasproduktestalletjie word beman deur die mannebediening.

bottom of page