top of page

OMGEEBEDIENING

Ons Omgeebediening is gestig om te help waar daar behoefte is. Die Laerskool Warmbad voedingskema het hierdie jaar afgeskop en ons Omgeebediening voed altesaam 110 kinders altesaam.  Die kinders kry op 'n Maandag lekker dik groentesop en op 'n Vrydag 'n heerlike pastagereg.
Daar word ook kospakkies per maand uit gegee en ongeveer 60 borde kos per week.
Ons hou jaarliks 'n muntlegging, wat gewoonlik 'n groot sukses is.
Skenkings is altyd welkom en ons is dankbaar vir die borde en bekertjies wat aan ons geskenk is, wat gebruik word vir die voedingskema.
Enige iemand is welkom om betrokke te raak.

Elize Mostert

082 393 8330

bottom of page