top of page

DIE PANNEKOEKTAFEL

...van toe tot  nou..

Die pannekoektafel se eerste smulkos het ontstaan vroeg in 2009 toe die ATKV ons versoek het om vir drie dae lank by Klein Kariba te kom pannekoek bak.
Dit was vir ons flukse baksters niks om die uitnodiging te aanvaar nie en 'n vinnig-vinnig met die geflap van pannekoek, maak ons 'n mooi wins van  R7 706.25  vir die gemeente se boufonds.
Dis net daar waar die blink idee uitgedink is. 'n Pannekoektafel op 'n gereelde basis om die gemeentelike aktiwiteite te befonds.
Die eerste baksel is op die 26ste Junie 2009 by Spar gebak en 'n wonderlike wins van R1 963.20 is gemaak.
Daar is gesamentlik besluit om met Pick 'n Pay te onderhandel om gereeld op Vrydae by hul ingang te bak.
Die eerste Pick 'n Pay pannekoeke val op die 1ste Julie 2009 en 'n wins van R3 069.70 is gemaak.  Daar word toe sommer dadelik besluit om sover moontlik elke tweede Vrydag te bak. Verstommende resultate het gevolg en verskeie aksies en instansie het hieruit baatgevind.
Die samewerking en spanwerk tydens ons baksessies het wonderlike  vriedskapsbande gesmee. Ons nooi enige lidmaat wat wil deel word van hierdie dinamiese groep vriende en wat geroepe voel om aan te sluit.
Die totale bedrag sedert daardie eerste dag ingesamel is R530 238.00!

Willem van den Heever

Kom Bak Saam!

Kontak Besonderhede:

Willem van der Heever

Sel 082 442 6874

of

Skakel die Kerkkantoor

bottom of page