top of page

PASTORALE SORG

PASTORALE SORG veronderstel die kommunikatiewe handelinge van God se vertroostende en hulpverlenende betrok­ken­heid by mense. Dié kommunikatiewe handelinge vind plaas vanuit ’n Skriftuur­like en psigologiese verantwoordbare pastorale grondhouding. Pastorale sorg fokus veral op die spirituele dimensie van hulp in nood en is op die totale mens gerig.

In ons gemeente gebruik ons die Transformation Prayer Ministry (TPM), wat ‘n gebedsbediening is, dus spiritueel in vorm en bybels in beginsel. 

Hierdie model is nie berading, advies, life coaching of enige ander vorm van terapie nie. 

Die fokus van TPM is nie geheue nie, maar eerder geloof!  Dit is om Jesus Christus toe te laat om jou denke te vernuwe en jou gees te verander.

Dit gaan nie oor probleemoplossing nie, maar om God se antwoord vir jou te ontdek.

Skakel gerus die Kerkkantoor indien u graag hierdie kursus wil deurloop of die behoefte het om met iemand te gesels.

bottom of page