top of page

SIEKESORG

Siekesorgbediening wil mense in tye van siekte en swak wees in hul lewe bystaan; hetsy jy self die pasiënt is, of hulp nodig het met die ondersteuning van ‘n siek persoon.

Ons baie bekwame span ondersteun langtermyn siekes, lidmate wat vir ‘n kort tydjie gehospitaliseer word na siekte/operasie en lidmate wat tuis aansterk na ‘n siekte of operasie.  Details van siek persone word ook aan die gebedsbediening en kerkkantoor deurgestuur sodat die persoon se naam op die gebedslys geplaas kan word.

Gee asb ook name deur van persone waarvan u weet wat siek is en ons gebede of sorg benodig.

Skakel gerus die kerkkantoor indien jy geroepe voel om ‘n diens te lewer dmv ondersteuning/sorg van siekes.

bottom of page